|
As jy 'n boodskap kry dat jy iets gewen het omdat jy 'n webwerf se miljoenste besoeker is, of as jy 'n tabletrekenaar of ander prys kan wen deur bloot 'n opname in te vul, of iets wat jou vertel hoe om vinnig, maklik ryk te word of werk te kry, is dit waarskynlik alles bedrieëry. As iemand jou vertel dat jy 'n wenner is, en jou vra om 'n vorm in te vul met jou persoonlike inligting, moenie voor die versoeking swig om dit in te vul nie. Selfs al klik jy nie die "Dien in"-knoppie nie, kan jy dalk steeds inligting aan bedrieërs stuur deur data by die vorm in te vul.
|