|
|
Google gebruik die krediet- en debietkaartommers wat jy in jou Google Wallet-rekening invoer om betalings te verwerk vir die aanlyn en vanlyn aankope wat jy maak deur Google Wallet te gebruik, met inbegrip van Google Play-transaksies, en vir bedrogmoniteringsdoeleindes. Die Google Wallet-privaatheidkennisgewing voorsien gedetailleerde inligting oor hoe ons Google Wallet-inligting gebruik, met inbegrip van die inligting wat ons versamel en hoe ons dit deel. Ons deel net persoonlike inligting met derde partye onder die omstandighede wat in die Wallet-privaatheidkennisgewing omskryf is. Die krediet- en debietkaartnommers wat jy in jou Google Wallet-rekening invoer, word geënkripteer en gestoor op veilige bedieners in 'n veilige plek.
|