|
|
Namate jy jou web leer ken, sal jy baie moeilike woorde en tegniese terme teëkom. Ons het 'n aantal algemene terme bymekaar gemaak en ons bes gedoen om hulle op 'n eenvoudige manier te verduidelik, om dit sodoende makliker te maak om te verstaan. Jy kan ook wenke en advies in hierdie afdeling kry, oor hoe om dinge op die web te doen – soos om aanlyn te klets, boekmerke op te stel, jou blaaier by te werk, en meer doeltreffend op die web te soek. Daar is ook verduidelikings van 'n paar konsepte wat jy dalk nie mee vertroud is nie, soos oopbron of wolkverwerking.
|