|
|
Wanneer jy direk in Gmail of Google Talk klets, kan jy “van rekord” gaan sodat niks wat jy van dan af tik in enigiemand se Gmail-rekening gestoor word nie. Om van rekord te gaan geld vir individuele mense, en geld ook vir toekomstige kletse. Dit beteken dat wanneer jy van rekord gaan met ’n spesifieke persoon, jy altyd van rekord met hom of haar sal wees; selfs wanneer jy die kletsvenster toemaak, en eers weer maande later ’n nuwe klets begin. Jy sal nie nodig hê om elke keer wanneer jy met dieselfde persoon klets van rekord te gaan nie, maar jy sal hierdie besluit afsonderlik vir elke persoon waarmee jy klets moet maak.
|