|
|
'n Unieke toestelidentifiseerder (soms 'n universeel unieke ID of UUID genoem) is 'n reeks karakters wat deur die vervaardiger by 'n toestel geïnkorporeer is en wat gebruik kan word om daardie toestel as uniek te identifiseer (byvoorbeeld die IMEI-nommer van 'n selfoon). Verskillende toestelidentifiseerders wissel in terme van hoe permanent hulle is, of hulle deur gebruikers teruggestel kan word en hoe daar tot hulle toegang verkry kan word. 'n Bepaalde toestel kan dalk verskeie verskillende unieke identifiseerders hê. Unieke toestelidentifiseerders kan vir verskeie doelwitte gebruik word, soos om sekuriteitsrisiko's en bedrog op te spoor, om dienste soos 'n gebruiker se e-pos-inkassie te sinkroniseer, om die gebruiker se voorkeure te onthou en om relevante advertensies te voorsien.
|